2 Samuel 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl Dawid en sy manne op die pad gegaan het, het Símeï langs die heuwel getrek, teenoor hom en vloek terwyl hy gegaan het en hom met klippe gegooi en stof gegooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en sy mense het verder getrek. Simeï het op die oorkantse heuwel gelyk met hulle geloop en gedurig bly vloek, klippe gegooi en stof opgeskop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dawid en sy manne het toe met die pad getrek, terwyl S¡me‹al langs hom aan die kant van die berg gedurig loop en vloek, en al langs hom met klippe gooi en stof maak. |
| Afrikaans 1983 | Dawid en sy mense het toe pad langs verder getrek. Simeï het ál teen die berghang langs geloop en vloek en klippe gooi en stof opskop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid en sy manne het padlangs gehou, en Simeï het naby hom al langs die rant gestap, terwyl hy loop en skel en klippe en los grond in sy rigting gooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid en sy manne het verder gegaan. Simeï het teen die kant van die berg langs die pad geloop en hy het aangehou om vir Dawid te vervloek en om klippe en stof na hulle te gooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid en sy mense het padlangs verder geloop. Simeï het al teen die rant geloop. Hy het nog steeds gevloek en hulle met klippe en kluite gegooi. |