2 Samuel 16:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Abísai en aan al sy dienaars: Kyk, my seun wat uit my ingewande voortgekom het, soek my lewe; hoeveel te meer kan hierdie Benjaminiet dit nou doen? laat hom staan, en laat hom vloek; want die HERE het hom beveel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid sê verder vir Abisai en die amptenare: “My eie seun probeer my doodmaak. Hoeveel te meer hierdie Benjaminiet? Los hom uit en laat hom vloek, want die Here het vir hom gesê om dit te doen.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Dawid aan Ab¡sai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my lewe: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want die HERE het hom dit beveel.
Afrikaans 1983 Verder het die koning vir al sy amptenare en vir Abisai gesê: “My eie bloedkind soek my lewe. Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek, want die Here het hom die opdrag gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het vir Abisai en al sy dienaars gesê: “Kyk, my seun wat ek self verwek het, soek my lewe – hoeveel te meer dan nou hierdie Benjaminiet? Laat hom met rus; laat hom skel as die Here dit vir hom gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir Abisai en al die amptenare gesê: “Onthou, my eie seun wil hê ek moet sterf, daarom moet julle nou hierdie man van die Benjamin-stam los. Hy vervloek my omdat die Here gesê het hy moet dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid sê toe verder vir Abisai en al sy amptenare: “My bloedeie kind wil my doodmaak. Wat moet ’n mens dan van hierdie Benjaminiet verwag? Los hom uit. Laat hy maar vloek. Dalk het die Here vir hom gesê hy moet dit doen.