2 Samuel 16:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Dawid 'n entjie verby die top van die heuwel was, kom Siba, die dienaar van Mefiboset, hom tegemoet, met 'n paar esels opgesaal, en daarop twee honderd brode en honderd trosse rosyne en honderd van somervrugte, en 'n bottel wyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid was net oor die kruin van die heuwel toe Siba, die bestuurder van Mefiboset se eiendom, hom onverwags teëkom. Hy het twee donkies by hom gehad, gelaai met 200 brode, 100 trosse rosyntjies, 100 houers vrugte en ’n sak vol wyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nadat Dawid van die top af 'n entjie verder getrek het, kom Siba, die dienaar van Mefiboset, meteens hom tegemoet met 'n paar opgesaalde esels en op hulle twee honderd brode en honderd rosynekoeke en honderd somervrugte en 'n sak wyn. |
| Afrikaans 1983 | Toe Dawid 'n entjie van die kruin af weg was, het Mefiboset se amptenaar Siba hom onverwags teëgekom. Op twee opgesaalde donkies het hy twee honderd brode, honderd pakkies rosyntjies en honderd pakkies voorvye en 'n kruik wyn gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het nog net 'n entjie van die kruin van die berg af weggetrek, toe kom Siba, die dienaar van Mefiboset, hom skielik tegemoet met 'n paar opgesaalde donkies, gelaai met tweehonderd brode, 'n honderd blokke saamgeperste rosyne, honderd somervrugte en 'n kruik wyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid was nie ver oor die top van die berg nie, toe kom Siba daar na hom toe. Siba het vir Mefiboset gewerk. Siba het twee donkies by hom gehad. Op die saals van die donkies was daar 200 brode, 100 koeke rosyne, 100 koeke gedroogde vye en 'n velsak vol wyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net toe Dawid oor die top van die Olyfberg is, kom hy af op Siba, die man wat vir Mefiboset in die huis werk. Hy het ’n hele span donkies wat opgesaal was, by hom gehad. Op die donkies was 200 brode, 100 pakke rosyntjies, ’n klomp ryp vrugte en ’n groot kruik wyn. |