2 Samuel 15:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want u dienaar het 'n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gebly het, en gesê: As die HERE my werklik na Jerusalem terugbring, dan sal ek die HERE dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl ek in Gesur was, het ek belowe dat ek die Here sal aanbid as Hy my na Jerusalem toe terugbring.” |
| Afrikaans 1933/1953 | want u dienaar het 'n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die HERE my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die HERE dien. |
| Afrikaans 1983 | want terwyl ek op Gesur in Aram gebly het, het ek beloof: As die Here my veilig na Jerusalem toe laat terugkom, sal ek Hom met 'n offer vereer.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want terwyl ek in Gesur in Aram gewoon het, het u dienaar 'n gelofte afgelê, met dié woorde, ‘As die Here my inderdaad na Jerusalem laat terugkeer, sal ek die Here gaan dien.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want toe ek in Gesur, in die land Aram, gewoon het, het ek 'n gelofte gemaak. Ek het belowe dat ek in Hebron offers sal gaan bring vir die Here as Hy my laat terugkom na Jerusalem.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek nog in Gesur by die Arameërs was, het ek vir die Here belowe dat, as Hy my regtig na Jerusalem toe terugbring, ek vir Hom in Hebron sal gaan offer.” |