2 Samuel 15:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná veertig jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte betaal wat ek aan die HERE gedoen het, in Hebron.
Afrikaans (NLV) 2011 Na vier jaar sê Absalom vir die koning: “Laat my toe om na Hebron toe te gaan om daar my gelofte vir die Here te gaan betaal.
Afrikaans 1933/1953 En nverloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan die HERE gedoen het, in Hebron betaal;
Afrikaans 1983 Na vier jaar het Absalom vir die koning gesê: “Ek wil graag my gelofte wat ek teenoor die Here afgelê het, in Hebron gaan betaal,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná verloop van vier jaar het Absalom vir die koning gesê: “Ek wil graag gaan en my gelofte wat ek vir die Here afgelê het, in Hebron nakom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Absalom vier jaar lank terug was in Jerusalem, het hy vir die koning gevra: “Ek wil graag na Hebron gaan om te doen wat ek vir die Here belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na vier jaar het Absalom vir die koning gesê: “Ek wil baie graag ’n belofte wat ek vir die Here gemaak het, in Hebron gaan nakom.