2 Samuel 15:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op hierdie manier het Absalom met die hele Israel gedoen wat na die koning gekom het om te oordeel: so het Absalom die harte van die manne van Israel gesteel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het Absalom gemaak met elkeen wat vir regspraak na die koning toe gekom het. Op hierdie manier het hy die toegeneentheid van almal in Israel gewen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het. |
| Afrikaans 1983 | So het hy gemaak met al die Israeliete wat vir regspraak na die koning toe gekom het, en op hierdie manier het hy die burgers se harte gesteel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Absalom het so opgetree teenoor al die Israeliete wat na die koning gekom het vir regspraak. Absalom het sodoende die harte van die manne van Israel gesteel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Absalom het dit gedoen met elke Israeliet wat na die koning toe gekom het sodat die koning moet oordeel tussen hom en iemand anders. Al die mense van Israel het lief geword vir Absalom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het met al die Israeliete wat na die koning toe gekom het vir ’n beslissing, so gemaak. Op dié manier het Absalom die Israeliete se harte gewen. |