2 Samuel 15:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Husai, die vriend van Dawid, het toe in die stad gekom, en Absalom het in Jerusalem gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid se vriend Gusai het in Jerusalem aangekom net toe Absalom die stad binnekom.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Husai, die vriend van Dawid, in die stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem.
Afrikaans 1983 Gusai die vriend van Dawid het toe die stad ingegaan, en Absalom was op pad na Jerusalem toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gusai, die vriend van Dawid, het toe by die stad aangekom, terwyl Absalom Jerusalem binnegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid se vriend Gusai het in die stad gekom toe Absalom daar aankom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gusai, Dawid se ou vriend, het teruggegaan. Toe hy in die stad kom, kom Absalom ook daar aan.