2 Samuel 15:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, hulle het hulle twee seuns daar by hulle, Ahimaäs, die seun van Sadok, en die seun van Jonatan Abjatar; en deur hulle moet julle na My toe stuur alles wat julle kan hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle twee seuns Agimaäs en Jonatan is saam met hulle daar. Enigiets wat jy hoor, kan jy deur middel van hulle vir my laat weet.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, hulle twee seuns is daar by hulle, Ah¡maäs van Sadok en Jonatan van Abjatar, en deur hulle moet julle alles wat julle verneem, aan my laat weet.
Afrikaans 1983 Hulle twee seuns Agimaäs en Jonatan is saam met hulle daar, en wat julle ook al hoor, kan julle vir my met hulle laat weet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, daar by hulle is hulle twee seuns, Agimaäs van Sadok en Jonatan van Abjatar. Julle moet elke berig wat julle deur hulle kry, na my stuur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle twee seuns is daar by hulle. Dit is Sadok se seun Agimaäs en Abjatar se seun Jonatan. Julle moet hulle stuur om vir my alles te sê wat julle hoor.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle twee seuns, Agimaäs en Jonatan, sal ook daar wees en hulle sal vir my alles kom sê wat julle uitvind.”