2 Samuel 15:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En het jy nie saam met jou die priesters Sadok en Abjatar nie? daarom moet jy alles wat jy uit die huis van die koning hoor, dit aan Sadok en Abjatar, die priesters, vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 Sadok en Abjatar, die priesters, is daar tot jou beskikking. Sê vir hulle watter planne in die paleis beraam word.
Afrikaans 1933/1953 En is die priesters Sadok en Abjatar nie daar saam met jou nie? Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning, moet jy aan Sadok en Abjatar, die priesters, te kenne gee.
Afrikaans 1983 Kyk, die priesters Sadok en Abjatar sal daar by jou wees. Alles wat jy uit die paleis hoor, moet jy hulle vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is die priesters Sadok en Abjatar nie saam met jou daar nie? Elke berig wat jy kry uit die koninklike paleis, kan jy aan die priesters Sadok en Abjatar oordra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters Sadok en Abjatar sal daar naby jou wees. Jy moet vir hulle alles vertel wat jy in die paleis hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die twee priesters, Sadok en Abjatar, sal ook in Jerusalem wees. Sê vir hulle alles wat jy in die paleis hoor.