2 Samuel 15:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as jy na die stad terugkeer en vir Absalom sê: Ek sal jou dienaar wees, o koning; soos ek tot nou toe jou vader se dienaar was, so sal ek nou ook jou dienaar wees; dan kan jy vir my die raad van Agitofel verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan terug na Jerusalem toe en sê vir Absalom: ‘Ek is u onderdaan, Koning. Ek was eers in u pa se diens, maar nou is ek tot u diens.’ Dan kan jy Agitofel se raad dwarsboom.
Afrikaans 1933/1953 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom sê: U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar, maar nou is ek u dienaar -- dan kan jy vir my die raad van Agitofel verydel.
Afrikaans 1983 Maar as jy teruggaan stad toe en vir Absalom sê: ‘U Majesteit, ek is u onderdaan; ek was in u vader se diens, maar van hierdie oomblik af is ek u onderdaan,’ kan jy vir my Agitofel se raad tot niet maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar as jy na die stad terugkeer en vir Absalom sê, ‘Ek is u dienaar, o koning; ek was voorheen die dienaar van u vader, maar nou is ek u dienaar,’ kan jy vir my die raad van Agitofel ondergrawe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar jy sal my help as jy teruggaan na die stad en help dat Agitofel se planne nie slaag nie. Jy moet vir Absalom sê: ‘Koning, ek werk nou vir jou. Ek het altyd vir jou pa gewerk, maar nou werk ek vir jou.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as jy teruggaan stad toe, kan jy my help en die planne van Agitofel dwarsboom. Sê vir Absalom jy wil vir hom werk. Sê vir hom jy het voorheen vir my gewerk, maar nou is hy jou baas.