2 Samuel 15:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Dawid op die top van die berg gekom het, waar hy God aanbid het, kom Husai, die Arkiet, hom tegemoet met geskeurde mantel en grond op sy hoof.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Dawid die kruin bereik, het hy daar voor God gebuig. Gusai die Erekiet het onverwags daar aangekom met klere wat geskeur is en grond op sy kop.
Afrikaans 1933/1953 En toe Dawid tot bo-op die top kom, waar hulle God aanbid het, ontmoet Husai, die Arkiet, hom daar, met geskeurde rok en grond op sy hoof.
Afrikaans 1983 Toe Dawid op die kruin kniel in die rigting van die ark van God het Gusai die Erekiet onverwags by hom aangekom. Sy klere was geskeur en daar was grond op sy kop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Dawid by die kruin kom, waar mens voor God in aanbidding buig, kyk, daar kom Gusai, 'n man uit Ereg, hom tegemoet met sy kleed geskeur en grond op sy kop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe Dawid bo-op die berg kom, het hy daar voor God gebuig. Gusai van die stad Erek het daar na hom toe gekom. Gusai het sy klere geskeur en daar was grond op sy kop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid bo-op die Olyfberg kom waar die mense gewoonlik bid, wag Gusai, die Erekiet, daar vir hom. Die man se klere was geskeur en daar was grond op sy kop.