2 Samuel 15:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een het Dawid meegedeel en gesê: Agitofel is onder die samesweerders saam met Absalom. En Dawid sê: HERE, verander tog die raad van Agitofel in dwaasheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand het vir Dawid gesê: “Agitofel, u raadgewer, is deel van Absalom se sameswering.” Toe bid Dawid: “O Here, dwarsboom tog die raad van Agitofel!”
Afrikaans 1933/1953 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitofel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: o HERE, verydel tog die raad van Agitofel!
Afrikaans 1983 Toe aan Dawid gesê is: “Agitofel is tussen die samesweerders by Absalom,” het hy gebid: “Here, laat daar tog niks kom van Agitofel se raad nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid is meegedeel: “Agitofel is onder die samesweerders by Absalom.” Daarop sê Dawid: “Laat Agitofel se raad tog dwaasheid wees, Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Dawid hoor dat Agitofel ook by die mense is wat wil hê dat Absalom koning moet word, het hy gebid: “Here, laat Agitofel se planne asseblief misluk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand het vir Dawid vertel dat Agitofel saam met Absalom was in sy geheime plan. Dawid het maar net gesê: “Ag Here, steek tog ’n stokkie voor Agitofel se raad.”