2 Samuel 15:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het met die opgang van die Olyfberg opgegaan en geween terwyl hy opklim, en hy het sy hoof bedek, en hy het kaalvoet gegaan; hulle het opgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het met die pad geloop wat teen die Olyfberg opgegaan het en het die hele tyd gehuil. Sy kop was toegemaak en hy was kaalvoet as ’n teken van rou. Die mense saam met hom het ook hulle koppe toegemaak en gehuil terwyl hulle teen die skuinste opgegaan het.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween.
Afrikaans 1983 Dawid het die Olyfberg huil-huil uitgeklim en as teken van sy droefheid was sy kop toegemaak en het hy kaalvoet geloop. Almal wat by hom was, het ook hulle koppe toegemaak en huil-huil die helling uitgeklim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl Dawid teen die hang van die Olyfberg opgaan, het hy gehuil en sy kop bedek. Hy het kaalvoet geloop. Al die mense wat by hom was, elkeen van hulle, het ook hulle koppe bedek en het gehuil terwyl hulle teen die berg opgaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het teen die Olyf-berg opgegaan. Hy het geloop en huil. Daar was 'n doek oor sy kop en hy was kaalvoet. Al die mense by hom het doeke oor hulle koppe gegooi en hulle het geloop en huil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het die hele tyd geloop en huil toe hy teen die Olyfberg se rant opgegaan het. Hy was kaalvoet en hy het sy gesig toegehou. Almal wat saam met hom was, het ook kaalvoet geloop en huil en hulle gesigte toegehou.