2 Samuel 15:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die koning het ook vir Sadok, die priester, gesê: Is jy nie 'n siener nie? keer in vrede terug na die stad, en jou twee seuns saam met jou, jou seun Ahímaäs en Jónatan, die seun van Abjatar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning sê toe vir Sadok die priester: “Kyk, jy is mos ’n siener! Gaan vreedsaam terug stad toe, jy en jou seun Agimaäs en Jonatan seun van Abjatar.
Afrikaans 1933/1953 Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ah¡maäs, jou seun, en Jonatan, die seun van Abjatar, met julle saam.
Afrikaans 1983 Verder het die koning vir die priester Sadok gesê: “Sien jy hoe staan sake? Gaan gerus terug stad toe; ook jou seun Agimaäs en Jonatan seun van Abjatar. Die twee seuns moet saam met julle teruggaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het verder vir Sadok, die priester, gesê: “Sal jy op die uitkyk bly? Gaan in vrede terug na die stad, jy en jou seun Agimaäs, en Jonatan, seun van Abjatar – julle twee se seuns moet by julle wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het ook vir die priester Sadok gesê: “Jy moet kyk wat gebeur. Gaan terug na die stad, jy moenie bekommerd wees nie. Jou seun Agimaäs en Abjatar se seun Jonatan is altwee by julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het ook vir die priester Sadok gesê: “Jy moet sake vir my dophou. Gaan rustig terug stad toe saam met Abjatar en julle twee seuns Agimaäs en Jonatan.