2 Samuel 15:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug na die stad; as ek guns vind in die oë van die HERE, sal Hy my terugbring en my dit sowel as sy woonplek wys. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid beveel toe vir Sadok: “Neem die ark van God terug na die stad toe. As die Here my genadig is, sal Hy my terugbring om weer die ark en die heiligdom te sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug in die stad. As ek genade vind in die oë van die HERE, sal Hy my terugbring, en Hy sal my dit en sy woning laat sien. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die koning vir Sadok beveel: “Vat die ark van God terug stad toe. As die Here my dit vergun en my terugbring, sal Hy my die ark en sy heiligdom weer laat sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning sê toe vir Sadok: “Neem die ark van God terug na die stad. As ek guns vind in die oë van die Here, sal Hy my laat terugkeer en my weer die ark en sy staanplek laat sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe sê die koning vir Sadok: “Jy moet die kis van God terugneem na die stad. As die Here genadig is vir my en as Hy my laat terugkom, dan sal ek die kis en sy staanplek weer sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning sê toe vir Sadok: “Vat die ark van God terug stad toe. Miskien sal die Here vir my goed wees en my laat terugkom sodat ek die ark en die plek waar hy staan, weer sal sien. |