2 Samuel 15:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, Sadok, en al die Leviete was saam met hom wat die verbondsark van God gedra het; en hulle het die ark van God neergesit; en Abjatar het opgetrek totdat die hele volk klaar was om die stad uit te trek.
Afrikaans (NLV) 2011 Sadok en al die Leviete wat die ark van die verbond van God dra, was ook by. Hulle het die ark van God langs die pad neergesit totdat almal uit die stad was.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, Sadok was ook daar, en al die Leviete by hom wat die verbondsark van God dra, en hulle het die ark van God neergesit -- Abjatar het ook opgetrek -- totdat al die mense uit die stad tot die laaste toe deurgetrek het.
Afrikaans 1983 Sadok en al die Leviete wat die verbondsark van God gedra het, was by die koning. Abjatar het ook saamgekom. Hulle het die ark van God neergesit totdat die volk uit die stad was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, ook Sadok was daar, en al die Leviete saam met hom wat die verbondsark van God dra. Hulle het die ark van God neergesit, en Abjatar het offers gebring totdat al die mense die trek uit die stad voltooi het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe kom Sadok ook, en saam met hom was al die Leviete wat die verbondskis van God dra. Hulle het die kis van God neergesit. Abjatar het ook gekom, en hulle het gewag totdat al die mense uit die stad is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sadok en al die Leviete was ook in die groep. Hulle het die verbondsark van God by hulle gehad en dit op ’n plek neergesit waar Abjatar offerdiere verbrand het totdat almal wat saam met Dawid gegaan het, uit die stad was.