2 Samuel 15:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Ittai: Gaan trek verby. En Ittai, die Gittiet, het deurgetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het geantwoord: “Goed dan, kom saam!” Ittai en sy 600 manne en hulle families het toe saamgegaan.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Dawid vir Ittai: Gaan, trek dan verby! En Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.
Afrikaans 1983 Toe sê die koning: “Kom dan maar saam.” Ittai die Gattiet en al die manne by hom is toe saam, en so ook al die afhanklikes wat by hom was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Dawid vir Ittai: “Gaan voort, trek verby!” Ittai, die man uit Gat, het toe verbygetrek, asook al sy manne en al die afhanklikes wat by hom was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Dawid vir Ittai: “Dan moet jy saamkom.” Ittai van Gat en al sy manne het saamgegaan, en ook al die oumense en kinders wat by hom was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Goed,” sê Dawid, “bly dan maar by ons.” Ittai, die man uit Gat, en al sy manskappe met hulle vroue en kinders het toe by Dawid-hulle gebly.