2 Samuel 15:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ittai het die koning geantwoord en gesê: So waar as die HERE leef en so waar as my heer die koning leef, sekerlik in watter plek my heer die koning sal wees, of dit in dood of lewe is, daar sal ook u dienaar wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Ittai antwoord die koning: “So waar as die Here leef en u lewe, waar my heer die koning ook al is, daar sal ek ook wees, in dood of in lewe.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: So waar as die HERE leef en my heer die koning leef, voorwaar, op die plek waar my heer die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees!
Afrikaans 1983 Ittai sê toe vir die koning: “Ek verklaar voor die Here en voor u: Ek bly by u, my koning in lewe en in dood.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: “So waar as die Here leef en my heer die koning leef, op die plek waar my heer die koning is, of dit nou vir dood of vir lewe is, daar sal u dienaar beslis ook wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Ittai het vir die koning gesê: “So seker soos die Here lewe en so seker soos Meneer die koning lewe, ek wil wees op dieselfde plek waar Meneer die koning is, dit maak nie saak of ek sterf en of ek lewe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Ittai sê vir die koning: “Ek bly by u, my koning, so waar as die Here leef, en so waar as u leef. Waar u is, of dit nou in die lewe of in die dood is, sal ek ook wees.”