2 Samuel 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangesien jy gister gekom het, moet ek jou vandag saam met ons op en af laat gaan? aangesien ek gaan waarheen ek kan, keer jy terug en neem jou broers terug; barmhartigheid en waarheid sy met jou! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het maar kort gelede hier aangekom. Moet ek jou dan laat rondswerf terwyl ek nie weet waarheen ons gaan nie? Gaan gerus terug en neem jou manskappe saam met jou, en mag die Here se goedheid en trou met jou wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy het gister gekom, en vandag sou ek jou laat rondswerwe om met ons saam te trek terwyl ek wie weet waarheen gaan! Draai om, en bring jou broers terug. Mag guns en trou met jou wees! |
| Afrikaans 1983 | Jy het maar onlangs hier aangekom, en nou maak ek jou dakloos as ek jou saam met ons laat gaan. Ek weet nie waar ek sal beland nie. Draai om en laat jou volksgenote ook omdraai. Dit is immers aan jou dat hulle trou en lojaliteit verskuldig is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy het maar pas hier aangekom; en sou ek jou vandag laat rondswerf omdat jy saam met ons gaan? Ek moet gaan waar ek kan. Draai om, en laat jou mense omdraai. Mag guns en trou met jou wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy is nie lank hier nie. As jy saam met ons kom, dan sal jy swaarkry saam met ons wanneer ons moet vlug en oral moet gaan. Draai om en laat jou manne saam met jou teruggaan. Hulle moet by jou bly, dit is reg.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy is maar ’n kort rukkie by ons en nou moet jy al weer oral rondtrek saam met ons. Ek weet nie eens waar ek heengaan nie. Laat jou mense teruggaan. Ek hoop dit gaan baie goed met jou.” |