2 Samuel 15:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Absalom het vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en as iemand wat 'n twis gehad het, by die koning kom vir 'n oordeel, het Absalom hom geroep en gesê: Uit watter stad is jy? En hy sê: U dienaar is uit een van die stamme van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het elke oggend vroeg opgestaan en by die ingang na die stad gaan stelling inneem. Wanneer mense na die koning toe daar verbykom om uitspraak oor ’n saak te kry, het Absalom hulle gevra: “Van watter stad kom jy?” As hy sê dat hy uit een van die stamme van Israel kom, |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat 'n saak gehad het om na die koning te kom vir regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van Israel -- |
| Afrikaans 1983 | Hy het soggens vroeg opgestaan en langs die pad by die stadspoort gaan staan. Hy het elkeen wat met sy saak vir 'n beslissing na die koning toe gekom het, na hom toe geroep. “Uit watter stad is jy?” vra hy dan. As die man antwoord: “Ek is 'n Israeliet,” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Absalom het altyd vroeg opgestaan, en dan het hy langs die pad by die stadspoort gaan staan. As daar enigiemand was wat 'n geskil gehad het waarmee hy na die koning gekom het vir 'n beslissing, het Absalom na hom geroep en vir hom gevra: “Van watter dorp af kom jy?” Wanneer hy dan antwoord: “U dienaar kom uit een van die stamme van Israel,” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het elke oggend vroeg opgestaan en hy het by die pad deur die poort gaan staan. Wanneer daar iemand kom wat wil hê dat die koning moet oordeel tussen hom en iemand anders, dan het Absalom hom geroep en vir hom gevra van watter stad hy kom. Wanneer die man dan sê van watter stad en van watter stam hy kom, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het elke môre vroeg opgestaan en langs die pad gaan wag waar die mense in die stad inkom. Elkeen wat ’n hofsaak gehad het en wat na die koning toe gekom het vir ’n beslissing het daar verbygegaan. Dan het Absalom die man geroep en vir hom gevra waar hy vandaan kom. As hy sê hy kom uit een van die dorpe van die Israeliete, |