2 Samuel 15:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir Ittai, die Gittiet: Waarom gaan jy ook saam met ons? gaan terug na jou plek en bly by die koning, want jy is 'n vreemdeling en ook 'n ballingskap.
Afrikaans (NLV) 2011 vra hy vir Ittai, die leier van die manskappe uit Gat: “Hoekom kom jy saam met ons? Gaan terug met jou manne na koning Absalom toe, want jy is ’n uitlander, ’n vreemdeling in ballingskap.
Afrikaans 1933/1953 En die koning sê vir Ittai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is 'n uitlander en ook 'n balling uit jou woonplek.
Afrikaans 1983 vra hy vir Ittai die man uit Gat: “Waarom gaan jý ook saam met ons? Draai om en bly by die nuwe koning. Jy is 'n uitlander en uit jou eie gebied verban.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning sê toe vir Ittai, die man uit Gat: “Waarom gaan jy ook saam met my? Draai om en bly by die nuwe koning, want jy is 'n buitelander, en boonop 'n balling uit jou woonplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het Dawid vir Ittai van Gat gevra: “Hoekom wil jy ook saam met ons gaan? Draai om en bly by die nuwe koning, want jy kom van 'n ander land, jy woon nie in jou eie land nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir Ittai, die leier van die manne van Gat: “Hoekom gaan jy ook saam met ons? Gaan terug en bly by die nuwe koning. Jy kom uit ’n ander land en jy kan nie na jou eie plek toe teruggaan nie.