2 Samuel 15:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al sy dienaars het langs hom gegaan; en al die Kretiete en al die Peletiete en al die Gittiete, seshonderd man wat uit Gat agter hom aangekom het, het voor die koning deurgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid se manskappe het almal by hom verby beweeg, asook die Filistynse huursoldate en die 600 man uit Gat. Terwyl hulle voor die koning verbytrek, |
| Afrikaans 1933/1953 | onderwyl al sy dienaars langs hom verbytrek, ook al die Kreti en al die Pleti. Ook al die Gittiete, ses honderd man wat uit Gat agter hom aan gekom het, het voor die koning verbygetrek. |
| Afrikaans 1983 | Daar het hy al sy amptenare by hom laat verbygaan; so ook sy hele lyfwag en al ses honderd man wat hom uit Gat gevolg het. Terwyl die mense voor die koning verbytrek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | terwyl al sy onderdane by hom verbygaan, al die Kreti en Pleti. Ook al die manne van Gat, die seshonderd man wat hom uit Gat gevolg het, het voor die koning verbygaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al sy amptenare het by hom verbygeloop, en ook al die Kretense en Filistyne wat die koning moes oppas. Daar het 600 manne van die stad Gat gekom saam met Dawid. Toe hulle by die koning verbyloop, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die koning se eie soldate en sy hele lyfwag het voor hom verbygegaan. Die 600 man uit Gat wat by hom aangesluit het, het ook voor hom verbygegaan. |