2 Samuel 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het uitgegaan en sy hele huis agter hom aan. En die koning het tien vroue wat byvroue was, agtergelaat om die huis te bewaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning en sy huishouding het toe dadelik per voet vertrek. Hy het net tien van sy byvroue agtergelaat om die paleis te versorg.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het uitgegaan met sy hele huis agter hom aan, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis op te pas.
Afrikaans 1983 Nadat hy tien byvrouens agtergelaat het om die paleis op te pas, het die koning en sy hele hofhouding te voet gevlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het uit die stad getrek, en sy hele huishouding het in sy spore gevolg; maar die koning het tien byvroue agtergelaat om die paleis op te pas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning en sy hele familie het toe begin loop en hulle het uit die stad gegaan. Hy het tien van sy byvroue daar laat bly om die paleis op te pas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning is te voet uit die stad uit en al sy mense is agter hom aan. Hy het net tien van sy haremvroue in die paleis gelos om die plek op te pas.