2 Samuel 15:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid aan al sy dienaars wat by hom in Jerusalem was: Staan op, en laat ons vlug; want ons sal nie anders van Absalom ontvlug nie; maak gou om weg te gaan, dat hy ons nie skielik inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard verslaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kom, ons moet onmiddellik gaan,” sê Dawid aan sy ondersteuners by die hof, “anders sal ons nie van Absalom kan ontvlug nie. Maak gou voordat hy ons inhaal en ’n ramp oor ons bring en die stad met die swaard oorweldig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | het Dawid aan al sy dienaars wat by hom in Jerusalem was, gesê: Maak klaar en laat ons vlug, want daar sal vir ons geen ontkoming wees voor Absalom uit nie! Maak gou om weg te kom, sodat hy ons nie miskien gou inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard verslaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het toe sy hele hofhouding wat by hom in Jerusalem was, beveel: “Maak klaar. Laat ons vlug, want Absalom sal geen genade vir ons hê nie. Maak gou voordat hy ons dalk inhaal en 'n groot ramp ons tref deurdat hy 'n bloedbad in die stad aanrig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid sê toe vir al sy amptenare wat by hom in Jerusalem is: “Maak gereed en laat ons vlug, want 'n kans om voor Absalom weg te kom, sal daar nie vir ons wees nie. Haas julle om te vertrek, anders kom hy skielik op ons af, bring onheil oor ons en verslaan die stad met die skerpte van die swaard.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het toe vir al sy amptenare wat by hom in Jerusalem was, gesê: “Julle moet gereedmaak sodat ons kan vlug, want Absalom sal nie een van ons laat lewe nie. As julle nie gou maak nie, sal Absalom vinnig kom en hy sal ons hier kry. Hy sal nie jammer wees vir ons nie, hy sal al die mense in die stad doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sê hy vir al sy amptenare wat by hom in Jerusalem is: “Ons moet maak dat ons wegkom, voor Absalom ons in die hande kry! Julle moet gou maak en padgee, anders keer hy ons hier vas en dan het ons groot moeilikheid. Hy sal die mense in die stad voor die voet doodmaak.” |