2 Samuel 15:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n boodskapper na Dawid gekom en gesê: Die harte van die manne van Israel is agter Absalom aan.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het spoedig ’n boodskapper in Jerusalem aangekom en koning Dawid meegedeel: “Die hele Israel het in ’n sameswering teen u by Absalom aangesluit!”
Afrikaans 1933/1953 Toe daar dan 'n boodskapper by Dawid kom en sê: Die hart van die manne van Israel is agter Absalom aan --
Afrikaans 1983 Toe kom daar iemand by Dawid met die berig: “Die hele Israel is aan Absalom se kant.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het 'n nuusdraer by Dawid aangekom en gesê: “Die harte van die manne van Israel is by Absalom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand het vir Dawid gaan vertel dat die manne van Israel wou hê dat Absalom koning moet word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid hoor die Israeliete het Absalom se kant gekies,