2 Samuel 15:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En saam met Absalom het twee honderd man uit Jerusalem uitgetrek wat geroep is; en hulle het in hulle eenvoudigheid gegaan, en hulle het niks geweet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het 200 gaste uit Jerusalem saamgeneem. Hulle het niks geweet van die hele plan nie.
Afrikaans 1933/1953 En uit Jerusalem het twee honderd man met Absalom saamgetrek wat genooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het.
Afrikaans 1983 Saam met Absalom was daar twee honderd genooides wat te goeder trou uit Jerusalem saamgegaan het. Van die hele sameswering het hulle niks geweet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saam met Absalom het tweehonderd man uit Jerusalem vertrek, genooides wat in onskuld saamgegaan en van die hele saak niks geweet het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Absalom het 200 manne van Jerusalem genooi, en hulle het saam met hom gegaan. Hulle het nie saam met hom planne gemaak nie en hulle het nie geweet wat hy wil doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het 200 mans saam met Absalom van Jerusalem af na Hebron toe gegaan. Hulle was genooi en het ewe onskuldig saamgegaan, want hulle het niks van die hele affêre geweet nie.