2 Samuel 15:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Absalom het spioene gestuur onder al die stamme van Israel om te sê: Sodra julle die geluid van die basuin hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hy daar was, stuur hy boodskappers na al die stamme van Israel en sê: “Sodra julle die trompette hoor, moet julle sê: ‘Absalom is in Hebron tot koning gekroon.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron! |
| Afrikaans 1983 | Absalom het ook boodskappers na al die Israelitiese stamme toe gestuur om te sê: “As julle die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom het koning geword in Hebron.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Absalom het geheime boodskappers in al die stamme van Israel rondgestuur met die opdrag: “Sodra julle die geluid van die •ramshoring hoor, moet julle sê, ‘Absalom het koning geword in Hebron!’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Absalom het boodskappers gestuur na al die stamme van Israel toe en hy het vir hulle laat weet: “Wanneer julle die ramshoring hoor blaas, dan moet julle sê: ‘Absalom het koning geword in Hebron.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het hy in die geheim vir al die stamme in Israel se leiers laat weet: “As julle hoor die mense blaas op ramshorings, moet julle skree: ‘Absalom het koning geword in Hebron!’” |