2 Samuel 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die vrou van Tekóag vir die koning: My heer, o koning, die ongeregtigheid kom op my en op die huis van my vader, en die koning en sy troon is onskuldig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My heer die koning,” antwoord sy, “laat enige skuld op my en my familie neerkom, want die koning en sy troon is onskuldig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê die vrou uit Tekoa aan die koning: Op my, my heer die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig. |
| Afrikaans 1983 | Maar die vrou sê: “U Majesteit, dit is ek en my gesin wat by hierdie saak betrokke is, nie u en u troon nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die vrou uit Tekoa sê vir die koning: “Op my, my heer die koning, en op my naaste familie, gaan die skuld rus; maar u en u troon gaan onskuldig wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe sê die vrou van Tekoa vir die koning: “Meneer die koning, as iemand iets verkeerd gedoen het, dan is dit ek en my familie, jy is onskuldig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die vrou van Tekoa sê vir hom: “U Majesteit, maar my skoonfamilie gaan my en my eie familie beskuldig. Hulle sal nie die vinger na u of u regering wys nie.” |