2 Samuel 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, die hele familie het opgestaan teen u dienares, en hulle het gesê: Verlos hom wat sy broer geslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy gedood het; en ons sal ook die erfgenaam vernietig, en so sal hulle my kool wat oor is, uitblus en geen naam of oorblyfsel op die aarde aan my man nalaat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou het die hele familie teen my gedraai en eis: ‘Lewer jou seun uit. Ons sal hom teregstel omdat hy sy broer doodgemaak het. Ons wil hom doodmaak, al is hy die enigste erfgenaam.’ Maar as hulle dit doen, sal daar niemand vir my oorbly nie en die naam van my man en sy familie sal van die aarde af verdwyn.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, toe staan die hele geslag op teen u dienares, en hulle sê: Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my man geen naam of oorblyfsel op die aardbodem te laat bly nie. |
| Afrikaans 1983 | En om dit nog erger te maak, is die hele familie nou teen my. Hulle eis: ‘Gee die kind wat sy broer doodgeslaan het. Ons wil hom doodmaak omdat hy sy broer doodgeslaan het. Al is hy die enigste erfgenaam, wil ons hom om die lewe bring.’ Hulle wil die enigste hoop wat vir my oor is, uitwis. Hy sal dus nie die familienaam kan voortsit nie, en daar sal niks van my man op die aarde oorbly nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En sowaar, nou het die hele familiegroep teen u slavin opgestaan en sê, ‘Lewer die een uit wat sy broer doodgeslaan het, sodat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy vermoor het. Ons wil hom uitwis, ook al is dit die erfgenaam.’ Hulle gaan my enigste kooltjie vuur wat oorgebly het, uitdoof, en so vir my man geen naam of nakomeling laat oorbly op die aardbodem nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hele familie kom toe na my toe en hulle sê: ‘Gee vir ons die seun wat sy broer doodgeslaan het. Ons wil hom doodmaak omdat hy sy broer doodgemaak het. Hy is die seun wat sy pa se goed moet erf, maar ons wil hom doodmaak.’ Ek het nog net hierdie seun, hy is die lig in my lewe, maar nou wil hulle hom ook doodmaak. As hy ook dood is, dan sal daar niemand op die aarde oorbly wat die naam van my man het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou is die hele familie teen my, U Majesteit. Hulle wil hê ek moet die een wat sy boetie doodgeslaan het, vir hulle gee sodat hulle hóm ook kan doodmaak. Hulle wil hê hy moet met sy lewe betaal vir sy broer se dood, al is hy die enigste erfgenaam. Hulle wil die laaste ou kooltjie vuur wat ek het, doodmaak. As dít gebeur, is daar niemand wat my oorlede man se naam kan laat voortleef of sy stukkie grond kan bewerk nie.” |