2 Samuel 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het in die veld met mekaar getwis, en daar was niemand om hulle te skei nie; maar die een het die ander geslaan en hom gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het twee seuns gehad. Hulle het in die veld met mekaar baklei. Omdat daar niemand was om hulle uitmekaar te maak nie, het die een die ander doodgeslaan.
Afrikaans 1933/1953 En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het.
Afrikaans 1983 “Ek het twee seuns. Die twee het in die veld gebaklei, en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie. Toe slaan die een die ander dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U slavin het twee seuns gehad. Hulle het in die veld aan die baklei geraak, en daar was niemand wat tussenbeide kon tree nie. Die een het die ander platgeslaan en hom doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het twee seuns, en hulle het in die veld met mekaar gestry. Niemand het hulle gekeer nie, en die een seun het die ander seun doodgeslaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het twee seuns gehad, U Majesteit. Eendag het hulle op die land stry gekry. Daar was niemand wat hulle uitmekaar kon maak nie en toe het die een die ander een so geslaan dat hy dood is.