2 Samuel 14:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Ek is waarlik 'n weduwee, en my man is dood.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat is die probleem?” vra die koning. “Ek is ’n weduwee,” antwoord sy, “want my man is dood.
Afrikaans 1933/1953 Toe vra die koning haar: Wat wil jy hê? En sy sê: Voorwaar, ek is 'n weduwee en my man is dood.
Afrikaans 1983 “Wat makeer?” wou die koning weet. “Ag, ek is 'n arme weduwee; my man is dood,” het sy gesug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die koning vir haar vra “Wat wil jy hê?” het sy geantwoord: “Ag, ek is 'n weduwee. My man is dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir haar gevra wat haar probleem is, en sy sê toe: “Ag, ek is 'n weduwee, my man is dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat is verkeerd?” het die koning vir haar gevra. Sy het geantwoord: “My man is dood en ek is ’n arme weduwee.