2 Samuel 14:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die vrou van Tekóag met die koning spreek, val sy op haar aangesig op die grond en buig haar neer en sê: Help, o koning! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die vrou van Tekoa by die koning kom, het sy voor hom op die grond neergeval en uitgeroep: “Koning! Help my tog!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vrou uit Tekoa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning! |
| Afrikaans 1983 | Die vrou van Tekoa het toe 'n onderhoud met die koning gehad. Sy het voor hom op haar knieë geval en gebuig. “Help my tog, U Majesteit,” het sy gesmeek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vrou uit Tekoa het dit toe vir die koning gaan sê. Sy het neergeval met haar gesig teen die grond, en toe diep neergebuig. Sy het gesê: “Help tog, o koning!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vrou van Tekoa het toe met die koning gaan praat. Sy het gebuig met haar gesig teen die grond en sy het gesê: “Koning, jy moet my help.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vrou van Tekoa is toegelaat om met die koning te praat. Sy het op haar knieë voor hom gaan staan en met haar gesig teen die grond gebuig. Sy het gesê: “Help my asseblief, my koning!” |