2 Samuel 14:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het Joab na die Koning gekom en hom meegedeel; en nadat hy Absalom geroep het, het hy na die Koning gekom en hom op sy aangesig na die aarde voor die Koning gebuig; en die Koning het Absalom gesoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Joab het toe vir die koning daaroor ingelig. Uiteindelik het Dawid sy vervreemde seun laat roep. Absalom het gekom en diep voor die koning gebuig, en Dawid het hom gesoen.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Joab na die koning gegaan en hom dit meegedeel. En hy het Absalom geroep, en die het na die koning gegaan en voor hom gebuig met sy aangesig na die aarde toe, voor die koning; en die koning het Absalom gesoen.
Afrikaans 1983 Joab het dit aan die koning gaan meedeel. Toe laat roep die koning vir Absalom, en hy het gekom. Hy het diep voor die koning gebuig, en die koning het hom gesoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joab het na die koning gegaan en dit aan hom oorgedra. Hy het Absalom toe ontbied. Toe hy by die koning kom, het hy diep voor hom gebuig, met sy gesig teen die grond, voor die koning. Die koning het Absalom toe gesoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het na die koning toe gegaan en hy het dit vir die koning vertel. Die koning het vir Absalom laat roep. Toe Absalom by die koning kom, het hy voor die koning gebuig met sy gesig teen die grond, en die koning het vir Absalom gesoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het dit vir die koning gaan sê. Die koning het Absalom laat roep. Toe hy by die koning kom, het hy met sy gesig tot teen die grond gebuig. Die koning het Absalom omhels.