2 Samuel 14:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Absalom antwoord Joab: Kyk, ek het na jou gestuur om te sê: Kom hierheen, dat ek jou na die Koning kan stuur om te sê: Waarom kom ek van Gesur af? dit was vir my goed om nog daar te gewees het; laat my dan nou die koning se aangesig sien; en as daar enige ongeregtigheid in my is, laat hy my doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Absalom het geantwoord: “Kyk, ek het jou laat roep om die koning te vra hoekom hy my uit Gesur laat terugkom het as hy nie van plan was om my te sien nie. Ek kon maar netsowel daar gebly het. Laat my die koning sien. As ek skuldig is, moet hy my teregstel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Absalom sê vir Joab: Kyk, ek het na jou gestuur om te sê: Kom hierheen, dat ek jou na die koning kan stuur om te vra: Waarvoor het ek van Gesur af gekom? Dit was vir my beter as ek nog daar was. Ek wil dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar by my skuld is, laat hy my dan doodmaak. |
| Afrikaans 1983 | Hy het geantwoord: “Man, kyk, ek het jou laat weet: ‘Kom hiernatoe; ek wil jou na die koning toe stuur om te vra waarom ek uit Gesur gekom het.’ Dit sou vir my beter gewees het as ek nog daar was. Ek wil nou met die koning praat. As ek skuldig is, laat hy my dan doodmaak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarop Absalom vir Joab sê: “Kyk, ek het jou ontbied om vir jou te sê, ‘Kom hierheen, sodat ek jou na die koning kan stuur om te vra: “Waarom het ek van Gesur af gekom? Dit sou vir my beter gewees het as ek steeds daar was.” ’ Ek wil nou voor die koning verskyn. As ek aan iets skuldig is, moet hy my maar doodmaak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Absalom sê toe vir Joab: “Luister na my, ek het jou laat roep om hiernatoe te kom. Ek wil jou na die koning toe stuur. Ek wil hê jy moet vir hom vra hoekom hy gesê het ek moet terugkom uit Gesur. Dit sou vir my beter gewees het as ek daar gebly het. Daarom, ek wil nou die koning sien, en as ek skuldig is, dan moet hy my doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Omdat ek jou hoeveel maal laat weet het ek wil jou sien!” sê Absalom vir hom. “Ek wil jou na die koning toe stuur. Jy moet vir hom gaan vra hoekom ek teruggekom het van Gesur af. Ek kon maar net sowel daar gebly het! Die koning moet my toelaat om hom te sien. As ek skuldig is, moet hy my maar laat doodmaak.” |