2 Samuel 14:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sê hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se land is naby myne, en hy het daar gars; gaan steek dit aan die brand. En die dienaars van Absalom het die veld aan die brand gesteek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Absalom vir sy dienaars: “Kyk, Joab se grond lê langsaan myne en daar staan gars daarop. Gaan steek dit aan die brand.” Absalom se dienaars het gemaak soos hy gesê het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se stuk land is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand. En Absalom se dienaars het die stuk land aan die brand gesteek.
Afrikaans 1983 Absalom sê toe vir sy slawe: “Kyk, Joab het 'n stuk land net hier langs my. Hy het gars daarop. Gaan steek dit aan die brand.” Die slawe van Absalom het toe so gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir sy werkers: “Kyk, Joab se stuk land is langs myne. Hy het gars daarop. Gaan steek dit aan die brand.” Absalom se werkers het toe die stuk land aan die brand gesteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Absalom sê toe vir sy slawe: “Julle sien die land van Joab hier langs my grond. Joab het gars wat daarop groei, gaan steek dit aan die brand.” Die slawe van Absalom het toe die gars aan die brand gesteek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Absalom vir sy werkers: “Julle ken mos Joab se stuk land hier langs myne waar hy die gars geplant het. Gaan steek dit aan die brand!” Die werkers het die stuk land aan die brand gesteek.