2 Samuel 14:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Absalom vir Joab laat roep om hom na die koning te stuur; maar hy wou nie na hom toe kom nie; en toe hy die tweede keer weer stuur, wou hy nie kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Absalom laat roep toe vir Joab sodat hy hom na die koning toe kon stuur, maar Joab het geweier om te kom. Hy het dit ’n tweede keer gedoen, maar Joab wou weer nie kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Absalom Joab laat roep, om hom na die koning te stuur, maar hy wou nie na hom kom nie; en hy het nog vir die tweede keer gestuur, maar hy wou nie kom nie.
Afrikaans 1983 Toe laat Absalom vir Joab roep om hom na die koning toe te stuur, maar Joab wou nie kom nie. Hy het hom 'n tweede keer laat roep, maar hy het weer geweier om te kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Absalom ontbied toe vir Joab om hom na die koning te stuur, maar hy het geweier om na hom te gaan. Hy het hom 'n tweede keer ontbied, maar Joab het steeds geweier om te gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Absalom het vir Joab laat weet dat hy vir Joab na die koning toe wil stuur, maar Joab wou nie na Absalom toe kom nie. Absalom het weer laat weet, maar Joab wou nie kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy laat weet toe vir Joab hy wil hom sien. Hy wou hê Joab moes hom na die koning toe vat. Maar Joab wou nie na sy huis toe kom nie. Absalom het weer vir hom ’n boodskap gestuur, maar hy het nie gekom nie.