2 Samuel 14:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Absalom het twee volle jare in Jerusalem gewoon en die koning se aangesig nie gesien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Absalom was twee jaar terug in Jerusalem sonder dat hy die koning gesien het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Absalom het twee volle jare in Jerusalem gewoon sonder dat hy die aangesig van die koning gesien het. |
| Afrikaans 1983 | Hy was al twee jaar in Jerusalem terug sonder dat hy die koning gesien het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Absalom het twee jaar in Jerusalem gewoon, maar die gesig van die koning het hy nie gesien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Absalom was twee jaar lank terug in Jerusalem, maar hy het nog nie die koning gesien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Absalom het vir twee jaar in Jerusalem gebly sonder dat hy ooit toegelaat is om by die koning te kom. |