2 Samuel 14:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy sy kop gepols het, want dit was aan die einde van elke jaar dat hy dit gepeil het; omdat die hare swaar op hom was, daarom het hy dit gepeil--het hy die hare van sy hoof op twee honderd sikkels geweeg volgens die gewig van die koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het sy hare een keer per jaar laat sny omdat dit te swaar geword het om te dra. Dit het meer as twee kilogram geweeg volgens die koninklike skaal.
Afrikaans 1933/1953 En as hy sy hoof laat skeer -- hy het dit naamlik aan die end van elke jaar laat skeer, omdat dit vir hom te swaar was, daarom het hy dit laat skeer -- dan het die hare van sy hoof twee honderd sikkels geweeg volgens die koninklike gewig.
Afrikaans 1983 Teen die einde van die jaar het hy gewoonlik sy hare geskeer, want dit het te swaar geword. Volgens koninklike skaal het sy afgeskeerde hare meer as twee kilogram geweeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hy sy hare geskeer het – aan die einde van elke jaar het hy dit geskeer; ja, wanneer dit te swaar geword het, moes hy dit skeer – dan het die hare van sy kop tweehonderd sikkel geweeg, volgens die koninklike gewigsmaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het elke jaar sy hare laat afskeer omdat dit te swaar geword het vir hom, en die hare wat hy elke maal afgeskeer het, het 200 sikkels geweeg op die koningsmaat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ’n welige bos hare gehad. Een keer ’n jaar het hy sy hare afgeskeer omdat dit te lank geword het. Die afgeskeerde hare het omtrent twee kilogram geweeg volgens die gewigte van die staat.