2 Samuel 14:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar in die hele Israel was daar niemand om so geprys te word soos Absalom vir sy skoonheid nie; van sy voetsool af tot by die skedel van sy hoof was daar geen gebrek aan hom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was niemand in die hele Israel wat so aantreklik was en so bewonder is soos Absalom nie. Van sy kop tot sy tone het hy geen gebrek gehad nie.
Afrikaans 1933/1953 En in die hele Israel was daar geen man so mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy hoofskedel toe was daar geen gebrek aan hom nie.
Afrikaans 1983 In die hele Israel was daar niemand so mooi soos Absalom nie. Die mense het oral daaroor gepraat. Van kop tot tone het hy nie 'n enkele gebrek gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die hele Israel was daar nie 'n man so mooi soos Absalom wie se lof mense so baie besing het nie. Van kop tot tone was daar geen gebrek aan hom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Absalom was baie mooi. In die hele land Israel was niemand so mooi soos hy nie. Almal het daaroor gepraat. Daar was niks verkeerd aan hom nie, van sy kop tot by sy tone.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was in die hele land nie nog so ’n mooi mens soos Absalom nie. Almal het hom bewonder. Hy was ’n volmaakte man, van kop tot tone.