2 Samuel 14:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning: Laat hom na sy huis toe gaan, en laat hy my aangesig nie sien nie. En Absalom het na sy huis teruggekeer en die koning se aangesig nie gesien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die koning het beveel: “Absalom kan na sy huis toe gaan, maar hy mag nie voor my verskyn nie.” Absalom het na sy huis toe gegaan sonder om die koning te sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning het gesê: Hy kan in sy huis intrek, maar my aangesig mag hy nie sien nie. En Absalom het in sy huis ingetrek, maar die aangesig van die koning nie gesien nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar die koning het beveel: “Laat hom na sy eie huis toe gaan. Vir my mag hy nie sien nie.” Daarom is Absalom huis toe sonder om die koning te sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het egter gesê: “Hy moet na sy huis afdraai. My gesig mag hy nie sien nie.” Absalom het toe na sy huis afgedraai, maar die gesig van die koning het hy nie gesien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir Joab gesê: “Laat Absalom na sy huis gaan, ek wil hom nie sien nie.” Absalom het huis toe gegaan en hy het nie die koning gesien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die koning het gesê: “Hy moet reguit na sy huis toe gaan. Ek wil hom nie sien nie.” Absalom is toe reguit na sy huis toe sonder om die koning te sien. |