2 Samuel 14:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe val Joab op die grond op sy aangesig en buig hom en dank die koning; en Joab sê: Vandag weet u dienaar dat ek genade in u oë gevind het, my heer die koning, deurdat die koning die versoek van sy dienaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joab het in eerbetoon voor die koning op die grond neergeval en gesê: “Die Here seën u. Nou weet ek dat u goedgesind is teenoor my, want u het my versoek toegestaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop val Joab op sy aangesig op die grond en hy buig hom neer en seën die koning. En Joab sê: Vandag weet u dienaar dat ek guns in u oë gevind het, my heer die koning, omdat die koning die wens van sy dienaar uitvoer. |
| Afrikaans 1983 | Joab het voor die koning op sy knieë geval en gebuig. Hy het die koning geprys met die woorde: “Vandag weet ek dat u my goedgesind is, want u het gedoen wat ek gevra het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab het neergeval met sy gesig teen die grond, diep neergebuig en die koning geprys. Hy het gesê: “Vandag weet ek, u dienaar, dat ek guns gevind het in u oë, my heer die koning, omdat die koning aan die versoek van u dienaar voldoen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joab het gebuig met sy gesig teen die grond en hy het die koning geprys en gesê: “Meneer die koning, vandag weet ek dat jy van my hou, want jy doen wat ek gevra het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab het op sy knieë gaan staan en met sy gesig teen die grond gebuig. Hy het vir die koning baie dankie gesê. Hy het verder gesê: “U Majesteit, ek weet nou dat u vir my omgee, want u doen wat ek gevra het.” |