2 Samuel 14:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir Joab: Kyk tog, ek het hierdie ding gedoen; gaan dan, bring die jongman Absalom terug.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het Joab toe laat roep en sê vir hom: “Goed dan, ek sal maak soos jy vra. Gaan en bring die jong man Absalom terug.”
Afrikaans 1933/1953 En die koning sê vir Joab: Nou kyk, ek voer hierdie wens uit. Gaan dan heen, bring die jongman Absalom terug.
Afrikaans 1983 Daarna het die koning vir Joab gesê: “Ek het nou eenmaal in die strik getrap. Gaan haal nou maar my seun Absalom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning sê toe vir Joab: “Nou maar goed, ek voldoen aan hierdie versoek. Gaan dan, bring die jong man Absalom terug.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het toe vir Joab gesê: “Kyk, jy het hierdie ding gedoen. Gaan nou en laat die jongman Absalom terugkom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het daarna vir Joab gesê: “Ja goed, ek sal doen wat jy wil hê. Laat die jongman Absalom maar terugkom.”