2 Samuel 14:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Om hierdie vorm van spraak na te trek, het u dienaar Joab hierdie ding gedoen; en my heer is wys, volgens die wysheid van 'n engel van God, om alles te weet wat op die aarde is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dit gedoen om ’n ander kant van die saak te stel. Maar u het wysheid soos ’n engel van God wat alles weet wat in die land gebeur!”
Afrikaans 1933/1953 Om die saak 'n ander voorkoms te gee, het u dienaar Joab hierdie ding gedoen. Maar my heer is wys soos die wysheid van 'n engel van God om alles te weet wat op die aarde gebeur.
Afrikaans 1983 Joab het dit gedoen om 'n verandering in die loop van sake te bring. Maar u praat byna met die wysheid van 'n engel van God: u weet werklik alles.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om die saak te versluier, het u dienaar, Joab, hierdie ding gedoen. Maar my heer is so wys soos 'n engel van God om alles te weet wat in die land gebeur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Joab het dit gedoen omdat hy die verkeerde ding wil regmaak, en Meneer het die wysheid van 'n engel van God, jy weet alles wat in die land gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het dit gedoen sodat u ’n bietjie uit ’n ander hoek na die saak kan kyk. Maar, U Majesteit, u is so slim soos ’n engel uit die hemel; u weet alles wat in die land gebeur.”