2 Samuel 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joab het na Tekóag gestuur en 'n wyse vrou daarvandaan gaan haal en vir haar gesê: Gee tog vir jou 'n rouklere en trek nou rouklere aan en salf jou nie met olie nie, maar wees soos 'n vrou wat lank getreur oor die dooies: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy laat roep toe ’n vrou van Tekoa wat bekend was vir haar wysheid. Hy sê vir haar: “Maak of jy iemand is wat rou. Trek rouklere aan en moenie reukolie gebruik nie. Tree op soos ’n vrou wat vir ’n lang tyd al treur oor iemand wat dood is. |
| Afrikaans 1933/1953 | het Joab na Tekoa gestuur en daarvandaan 'n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos 'n vrou wat al baie dae rou oor 'n dode. |
| Afrikaans 1983 | Toe ontbied hy 'n slim vrou van Tekoa af en sê vir haar: “Jy moet baie hartseer lyk. Trek rouklere aan en moenie skoonheidsmiddels gebruik nie. Gedra jou soos 'n vrou wat al lank rou oor iemand wat dood is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab stuur toe iemand na Tekoa en laat kom daarvandaan 'n slim vrou. Hy het vir haar gesê: “Maak tog asof jy rou; trek rouklere aan en moet jou nie met olie invryf nie. Gedra jou soos 'n vrou wat nou al baie lank treur oor 'n dooie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joab stuur toe iemand na die stad Tekoa en hy laat haal 'n wyse vrou wat daar gewoon het. Hy het vir haar gesê: “Jy moet asseblief huil en treur en rouklere aantrek, jy moenie olyf-olie aan jou smeer nie, en jy moet wees soos 'n vrou wat aanhou treur oor iemand wat dood is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab laat haal toe ’n slim vrou uit Tekoa en sê vir haar: “Maak of een van jou mense dood is en trek rouklere aan. Moenie enige parfuum of grimering aansit nie. Dit moet lyk of jy al lank huil oor ’n familielid wat dood is. |