2 Samuel 14:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning: Is die hand van Joab nie in dit alles met jou nie? En die vrou antwoord en sê: So waar as u siel leef, my heer die koning, niemand kan regs of links afdraai van alles wat my heer die koning gespreek het nie; want u dienaar Joab het my bevel gegee en al hierdie woorde in die mond van u dienares: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Is dit Joab wat jou hierheen gestuur het?” vra die koning. Die vrou antwoord: “My heer die koning, hoe kan ek dit ontken? Niemand kan iets vir u wegsteek nie. Ja, so waar as wat u lewe, Joab, u leërowerste, het my gestuur en het my vertel wat om te sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop vra die koning: Het Joab die hand in dit alles met jou saam? En die vrou antwoord en sê: So waar as u siel leef, my heer die koning, dit is onmoontlik om regs of links af te wyk van alles wat my heer die koning gespreek het; ja, u dienaar Joab, hy het my bevel gegee, en hy het al hierdie woorde in u dienares se mond gelê. |
| Afrikaans 1983 | Toe vra die koning: “Sit Joab nie agter hierdie ding nie?” Die vrou antwoord: “Ja-nee, U Majesteit, niemand kan u om die bos lei nie. Dit ís so. Joab wat in u diens staan, het my dié opdrag gegee. Hy het my haarfyn vertel wat om te sê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe vra die koning: “Is die hand van Joab saam met jou in hierdie hele saak?” Die vrou het geantwoord en gesê: “So waar as wat u leef, my heer die koning, niemand kan verskil van enigiets wat my heer die koning sê nie. Ja, u dienaar Joab, dit is hy wat my opdrag gegee het, en dit is hy wat al hierdie woorde aan u slavin voorgesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe vra die koning: “Is dit Joab wat jou gestuur het om al hierdie dinge vir my te kom sê?” Die vrou het geantwoord: “So seker soos jy lewe, Meneer die koning, niemand kan vir jou jok nie. Ja, dit is jou offisier Joab, hy het my gestuur en hy het vir my al hierdie dinge gesê wat ek moet sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Het Joab iets hiermee te doen?” vra hy haar. “U Majesteit,” sê sy, “’n mens kan sowaar niks vir u wegsteek nie! Ja, dit was u generaal, Joab, wat vir my gesê het om dit te doen. Hý het ook vir my alles gesê wat ek vir u moet sê. |