2 Samuel 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord die koning en sê vir die vrou: Verberg tog nie vir my wat ek jou sal vra nie. En die vrou sê: Laat my heer die koning nou spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek wil net een ding weet,” sê die koning. “Jy moet dit nie wegsteek nie.” “Wat is dit, my heer?” vra sy. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord die koning die vrou en sê: Steek tog vir my niks weg wat ek jou sal vra nie. En die vrou sê: Laat my heer die koning maar spreek. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het vir die vrou gesê: “Jy moet asseblief niks vir my wegsteek van wat ek jou nou gaan vra nie.” Sy antwoord toe: “Die koning kan maar praat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning reageer toe daarop en sê vir die vrou: “Moenie vir my enigiets wegsteek van wat ek vir jou gaan vra nie.” Die vrou het geantwoord: “My heer die koning moet asseblief praat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir die vrou gesê: “Ek wil vir jou iets vra, jy moet asseblief alles vir my vertel.” Sy sê toe: “Meneer die koning, vra asseblief wat jy wil vra.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning sê toe vir die vrou: “Ek wil vir jou iets vra, maar jy moet my baie eerlik antwoord.” “Vra maar, U Majesteit,” sê die vrou. |