2 Samuel 14:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê u dienares: Die woord van my heer die koning sal nou gemaklik wees, want soos 'n engel van God, so is my heer die koning om goed en kwaad te onderskei; daarom sal die HERE jou God met jou wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ook gedink: ‘Mag die uitspraak van die koning my gerusstel, want u is soos ’n engel van God wat tussen goed en kwaad kan onderskei.’ Mag die Here u God met u wees.”
Afrikaans 1933/1953 Verder het u dienares gedink: Mag tog die woord van my heer die koning tot gerusstelling wees. Want soos 'n engel van God, so is my heer die koning om goed en kwaad te verstaan. En mag die HERE u God met u wees!
Afrikaans 1983 Verder het ek gedink miskien sal die uitspraak van die koning 'n gerusstelling wees, want u is soos 'n engel van God wat na alles luister. Mag die Here u God met u wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U slavin het ook gedink, die woord van my heer die koning sal tog vir my rus bring; want soos 'n engel van God, so is my heer die koning, deurdat hy die goeie en die slegte aanhoor. Die Here u God, mag Hy met u wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gedink die koning sal iets sê wat my veilig sal laat voel, want die koning is soos 'n engel van God wat luister en wat weet wat is reg en wat is verkeerd, en ek bid dat jou God die Here by jou sal wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het ook gedink: ‘Die uitspraak wat my koning gaan gee, sal die saak oplos, want my koning is soos ’n engel uit die hemel wanneer hy ’n saak moet beoordeel.’ “Dis al wat ek wou sê. Mag die Here u God u help.”