2 Samuel 14:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die koning sal luister om sy slavin te red uit die hand van die man wat my en my seun saam uit die erfdeel van God sou vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, die koning sal luister en my red uit die mag van die man wat my en my seun wil beroof van die erfdeel wat God ons gegee het.’
Afrikaans 1933/1953 Want die koning sal seker luister om sy dienares te red uit die hand van die man wat probeer om my en my seun saam uit die erfdeel van God uit te roei.
Afrikaans 1983 Die koning sal beslis luister en my red uit die hand van dié mense wat my en my seun wil uitroei uit die volk van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ja, die koning sal gehoor gee om sy dienares te red uit die greep van die man wat daarop uit is om my en my seun saam uit te wis, weg van die eiendom van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want die koning sal luister en my red van die persoon wat my en my seun altwee wil wegvat van die volk van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Miskien sal die koning luister en hierdie vrou help teen die man wat my en my seun saam wil afkry van die grond af wat God vir ons gegee het.’