2 Samuel 14:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Noudat ek dan gekom het om hierdie saak met my heer die koning te spreek, is dit omdat die volk my bang gemaak het; en u dienares het gesê: Ek sal nou met die koning spreek; dit mag wees dat die koning die versoek van sy slavin sal uitvoer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het na u toe gekom om vir my seun te pleit omdat ek bang was vir die mense. Ek het vir myself gesê: ‘Laat ek met die koning praat. Dalk sal hy iets aan my probleem doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dat,k dan nou kom om hierdie woord met my heer die koning te spreek, was omdat die volk my bevrees gemaak het. Maar u dienares het gedink: Laat ek tog met die koning gaan spreek; miskien sal die koning die wens van u dienares uitvoer. |
| Afrikaans 1983 | Ek het nou hierdie saak met die koning kom bespreek omdat die mense my bang gemaak het. Ek het gedink ek wil met die koning praat. Miskien doen die koning iets aan my saak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En nou, die rede waarom ek gekom het om hierdie saak aan my heer die koning voor te lê, is omdat die mense my bang gemaak het. U slavin het toe gedink, ek moet tog met die koning praat. Miskien voldoen die koning aan die versoek van sy dienares; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou, ek was bang vir die mense. Koning, daarom het ek gekom om met jou te praat oor my probleem. Ek het gedink ek moet met die koning kom praat, miskien doen jy iets en help my met my probleem, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het dit gewaag om met my koning hieroor te kom praat. Omdat die mense my bang maak, het ek gedink: ‘Ek sal met die koning gaan praat. Miskien sal hy doen wat hierdie nederige vrou vir hom vra. |