2 Samuel 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die vrou: Waarom het jy dan so iets gedink teen die volk van God? want die koning spreek hierdie saak as een wat verkeerd is, deurdat die koning sy verbannen nie weer huis toe gaan haal nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het geantwoord: “Hoekom neem u dan ook wraak tot nadeel van die volk van God? Met hierdie uitspraak het u uself veroordeel, want u het geweier om u eie verstote seun weer huis toe te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die vrou: Waarom het u dan so iets bedink teen die volk van God? Want daardeur dat die koning hierdie woord spreek, is hy soos 'n skuldige deurdat die koning sy eie verstotene nie laat terugkom nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die vrou: “Waarom pleeg u dan 'n onreg teen die volk van God? Terwyl u hierdie uitspraak gelewer het, het u uself skuldig verklaar, omdat u weier om u verjaagde seun te laat terugkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die vrou: “Waarom het u dan so iets teen die volk van God beplan? Met hierdie uitspraak van die koning is hy aan 'n skuldige gelyk, aangesien die koning nie die een wat hy weggejaag het, laat terugkeer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy sê toe: “Maar hoekom wil jy so 'n verkeerde ding doen aan die volk van God? Jy het gesê wat moet gebeur in my saak, maar toe het jy gewys dat jy self verkeerd doen. Hoekom? Want jy laat nie jou seun terugkom nie, jou seun wat in 'n ander land moet bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die vrou: “Waarom het u dan ’n plan gehad om wraak te neem op iemand wat aan God se volk behoort? Toe U Majesteit nou net gesê het hulle mag nie wraak neem op my seun nie, het u uself eintlik skuldig verklaar. Mag u verlore seun dan nie terugkom nie? |